SlideShare a Scribd company logo
1 of 12
Download to read offline
Oplaas word jy verplig om die vullis uit te smyt.
Deur Pieter Uys
“Don't be tempted by the shiny apple
Don't you eat of the bitter fruit
Hunger only for a taste of justice
Hunger only for a world of truth
'Cause all that you have is your soul”
~ Tracy Chapman.
Slegte idees is soos ‘n stank wat mens tot ‘n mate met reukweerders,
wierook of parfuuum kan verhul, maar oplaas word jy verplig om die vullis
uit te smyt. Natuurlik kan mense op ‘n manier met die stank saamleef maar
die enigste rede waarom hulle oorleef wanneer hulle optrede deur
destruktiewe idees aangedryf word, is omdat die idees nooit konsekwent
toegepas word nie. Indien wel sou die giftige walms hul oorweldig.
1
Let asseblief daarop dat die PoMo Lib-Linkse kwasi-filosofie nie die enigste
skadelike denkrigting van ons tyd is nie, maar die oorheersende een wat
tans die kultuur domineer. Die teenoorgestelde, Kompulsiewe Puritanisme,
is ewe toksies maar het net ‘n klein aantal gemoedere in sy greep.
Met Postmoderne Links-Liberale word bedoel die stedelike westerling wie se
lewensbeskouing bewustelik of onbewustelik deur media soos The New York
Times, Washington Post, Huffington Post, BBC, The Guardian, The
Independent en plaaslik die Mail & Guardian, Beeld & Rapport geslyp word.
In hierdie essay val die klem op die Suid-Afrikaanse slagoffer daarvan, te
wete die “Sinistrus Liberalus Postmodernus Sudafricanus.” Twee
subspesies, die Christen Lib-linkse en die Natuuraanbidder (Groene), word
in toekomstige essays ondersoek.
2
Daar is vanselfsprekend grade van indoktrinering wat beteken dat ‘n
individu net sekere van die ondervermelde doktrines aanhang of ‘n mate
van gesonde skeptisisme oor sommige daarvan koester, terwyl s/hy ander
weer heelhuids insluk. Die sogenaamde “meningsvormers” in die media,
plus ‘n groot % akademici in die geesteswetenskappe, werknemers van die
oorgrote meerderheid NGO’s & transnasionale organisasies en Hollywood-
vermaaklikheidsterre hang aspekte van hierdie ideologie aan.
Waarom “Postmodern(isties)e?” Met die val van die Berlynmuur is Linkses
voor ‘n keuse gestel: Aanvaar die realiteit dat jul kollektivistiese ideologie
klaaglik misluk het of behou dit as ‘n godsdiens/geloofstelsel. Hulle het die
tweede opsie gekies. Die ineenstorting van die Oosblok het boonop bygedra
dat hierdie aangepaste, inkoherente vorm van die ideologie met sy hidra-
koppe nuwe lidmate kon werf want nou kon mense op grond van enkel-sake
“bekeer” word.
Die intellektuele landskap van hierdie geloof/ideologie roep
modderpoeletjies ná die reën op waar muskiete lustig gemeenskap het en
aanteel. Al die veld is vrolik …
OORSPRONG EN ETIOLOGIE VAN DIE SIEKTE
Utopianisme, met ander woorde daardie oer-mite van ‘n prehistoriese
paradys wat deur ‘n “sondeval” bederf is, wat deur opoffering (gewoonlik
menslike offerande) herstel kan word en sodoende ‘n aardse utopie tot
stand sal bring, lê al die volgende ten grondslag.
Dié waansin reik tot diep binne die kollektiewe psige. Natuurlik begín dit
nooit so nie. Die oorsprong van die sindroom spruit uit die edele impuls om
‘n beter bestel te skep wat gebaseer is op die beginsels van regverdigheid,
3
gelykheid en wedersydse begrip. Dis te hope dat die meeste van ons hierdie
aspirasies deel.
Wat eintlik ‘n edele impuls in die gemoed is, word versteur deur ongeduld
en goedgelowige idealisme wat gepaard gaan met wyd-ogige skynheiligheid.
Veel meer as blote huigelary of klassieke projeksie speel egter hier ‘n rol.
Die teelaarde is in meeste gevalle blote onkunde en in ander weer ‘n stel
gebreke in houding en karakter, te wete die kinderagtige geloof dat die
wêreld in sy geheel vervolmaak kan word, die gepaardgaande oortuiging dat
voordelige verandering slegs deur drastiese — dikwels gewelddadige maar
altyd radikale omverwerping — meegebring kan word en die aanname dat
hulle, die Linkses, nie net altyd aan die kant van die engele is nie maar ook
totaal en al onfeilbaar is.
4
Natuurlik vind die proses onbewustelik plaas. ‘n Selfvoldane vroomheid wat
uit absolute oortuiging spruit, verdring die realiteit. Aangesien hulle oor die
algemeen nie in staat is tot introspeksie of bewus is van die kwaadaardige
verloop van hierdie psigiese infeksie nie, is Linkses salig onbewus van die
morele inversie wat hulle pleeg. Daarbenewens kan utopiese idees erotiese
eienskappe aanneem soos wat onder andere Christopher Hitchens en Julie
Burchill so treffend beskryf (sien bibliografie).
PROMINENTE SIMPTOME / MEME / GEMOEDSPARASIETE
(a) Demonisering van die VSA (Anti-Amerikanisme) en gepaardgaande
haatspraak teen die bedreigende “ouerfigure” soos Ronald Reagan,
Margaret Thatcher, George W Bush, Sarah Palin, Michelle Bachman
en wie ook al die volgende Republikeinse presidensië kandidaat in
die VSA gaan wees. Jean-François Revel se ontleding hiervan word
sterk aanbeveel (sien bibliografie).
5
(b) Pasifisme waarvan die intensiteit direk toeneem ooreenkomstig die
geveinsheid daarvan. Die bevryding van Irak in 2003 — die staat is
nou die enigste funksionele Arabiese demokrasie — teenoor blinde
ontkenning van die wreedhede van diktators soos Saddam. Hierdie
“pasifisme” word in ‘n skril of kinderlike tonaliteit van morele
verontwaardiging geartikuleer en is uiters selektief. Met ander
woorde, die aksies van die VSA, die Weste en Israel word skerp
veroordeel maar volksmoorde, soos onder andere dié van Rusland in
Chechnya en van Soedan in Darfoer word ontken/ignoreer. Waar dit
die Brussels Eurokrasie aangaan, is anti-Amerikaanse pasifisme
duidelik ‘n vorm van Mags-Afguns (Power Envy). Dis verwant aan
“penis envy” — Chantal Delsol omskryf die fenomeen met empatie in
haar boek The Unlearned Lessons of the Twentieth Century.
(c) Idealisering – amper aanbidding – van die Skandinawiese lande. Die
meem van die “lang, blonde mense wat almal gelyk is, niemand te
ryk of te arm…” verteenwoordig ‘n diepgewortelde erotiese impuls.
Hier kan die Ariese/Nazi-wortels van die ideologie duidelik
waargeneem word. Vir meer inligting oor die fascistiese agtergrond
van Skandinawiese sosialisme, sien gerus Manfred Gerstenfeld se
boek (in die bibliografie).
6
(d) Idealisering van transnasionale organisasies soos die Verenigde Nasies
en die Internasionale Kriminele Hof. Die leser word verwys na
Chantal Delsol se insiggewende werk, Unjust Justice, Against the
Tyranny of International Law.
(e) Idealisering van Europa waarin die kontinent se gebreke en bloedige
geskiedenis oor die hoof gesien word. Wanneer die Lib-linkse die VSA
ongunstig met Europa vergelyk, wemel dit van die valse analogieë
terwyl die onkunde dik loop soos Illovo se goue stroop. (Nota: In die
geval van Afrikaanssprekendes is dit tot ‘n mate verstaanbaar &
vergeefbaar in die lig van die geskiedenis van Britse Imperialisme).
(f) Baie sekulêre en “groen” Lib-linkses het ‘n afkeer in tradisionele
godsdiens (in baie gevalle ook verstaanbaar/verskoonbaar) en
vergelyk dit valslik met Islamitiese terrorisme (geensins op enige vlak
verskoonbaar nie). Die Christen of Joodse Lib-linkse koester
gewoonlik ‘n sterk bewondering vir Islam en is uiters begaan oor
“Islamofobie” maar ontken of ignoreer die onderdrukking van
religieuse minderhede in Iande waar Islam domineer.
(g) Slagoffer-fetisjering volgens ras, kultuur en geslag. Die wit man is
altyd die vark in die verhaal.
7
FILOSOFIESE STROMINGE WAT DIE BOGENOEMDE SIMPTOME VOED
MORELE RELATIVISME ontken die onderskeid tussen Goed & Kwaad en Reg
& Verkeerd. Alle kulture en gemeenskappe en hul gebruike is hiervolgens
moreel gelyk. Aanvanklik. Dit neem nie lank nie voordat hierdie siening
paradoksaal beweer “alle kulture is gelyk, behalwe die Westerse wat slegter
as die res is”, waardeur dit sy eie interne logika ondermyn. Self-haat en
slagoffer-fetisjering lê ten gronde daaraan. Die volgende stap is om die VSA
en Israel uit te sonder as die wêreld se sondebokke. Postmodernistiese
academici is nie gepla deur die teenstrydighede en inkonsekwenthede in hul
narratiewe nie. Dis asof hulle toegee dat hoewel die onderliggende
gedagtegang na Utopia ‘n dwaalspoor is, die edele intensie daarvan hul
geloof regverdig.
• Anti-Amerikanisme
• Anti-Sionisme
• Hesperofobie (haat vir die Weste)
• Haat vir individuele vryheid: Ekonomies (kapitalisme), Spraak (sien
Politieke Korrektheid hier onder)
• Haat vir die Oppergesag van die Reg
MULTIKULTURALISME onder sy gewilde term “diversiteit” is een van die
mees suksesvolle postmodernistiese konsepte wat op alle terreine van die
lewe sy merk laat. Multikulturalisme word simplisties voorgestel as ‘n
pleidooi vir verdraagsaamheid teenoor ander kulture, godsdienste, rasse en
gelyke geleenthede. Maar onder hierdie bedrieglike beeld skuil ‘n toksiese
idee: Die individu is van geen belang nie – net groepe tel. Multikulturalisme
is dus ekstreem etnosentries. Kriteria soos regverdig en onregverdig,
misdadiger en barbaar, word aan die absolute kriterion van eerbied vir
diversiteit onderwerp. Verdraagsaamheid teenoor ander mense verander in
onverskilligheid jeens die lyding van ander. Die genitale mutilering van
8
dogtertjies in Europa se immigrante enklaves is aan multikulturalisme te
wyte.
• Ontkenning van individualiteit
• Haat vir tradisionele westerse godsdiens (Christendom & Judaïsme)
• Haat vir die Oppergesag van die Reg
• Idealisering van die primitiewe (Edele Barbaar)
• Viktimologie: die oppergesag van die slagoffer, wat lei tot die
• Aanvaarding & goedpraat van barbaarse nie-westerse praktyke
POLITIEKE KORREKTHEID verteenwoordig die absolutistiese sy van Postmodernisme.
Sensorskap deur middel van spraakkodes is daarop gemik om openbare
debat aan bande te lê. “Oortreders” word gestraf met histeriese beskuldigings van
“rassis!”, “fascis!” ensovoorts. Die eintlike doelwit is gedagtebeheer maar dis makliker
gesê as gedaan. Leuens, distorsie, ad hominem aanvalle en sosiale verwerping tel
onder die strategieë wat teen onafhanklike denkers ingespan word.
• Demonisering
• Projeksie
• Selektiewe moraliteit
Rousseau en Hegel se 20ste eeuse intellektuele erfgename Marx, Lenin, Mussolini,
Hitler, Stalin, Mao & Pol Pot het die vorige eeu die bloedigste in die geskiedenis
gemaak deur die menslike offerandes wat hul Sekulêre Verlossings Ideologieë (SVI’s)
vereis het. Vreemd genoeg het SVI’s die patroon van die Christen Mitos weerspieël,
te wete: die mens het in sonde verval en die enigste uitweg is blinde geloof in die SVI
en massiewe menseslagtings ten einde die mitiese Utopie te herstel. Dit lyk asof die
21ste eeu nogmaals op ‘n ramp afstuur.
Die Lib-linkse propaganda waaraan die gemeenskap voortdurend onderwerp word deur
die media, die kunste, skole en universiteite slyp gemoedere wat deur emosie,
fantasie, nihilisme, ontkenning en projeksie oorheers word. Kinders wat op
9
postmodernistiese melk grootgemaak word, vrees die werklikheid en vermy die strewe
na waarheid. Die gevolg is toenemende vervreemding van die individu en westerse
samelewings wat ontrafel.
Hier is ‘n voorstelling van die Pomo Lib-linkse psige: ‘n Skip sonder stuurman. Onder in
die enjinkamer bruis die emosies en die impulse maar bo neem niemand beheer oor die
tipe brandstof wat in die enjin ingaan nie … of die rigting waarin die vaartuig beweeg
nie. Reg & verkeerd bestaan mos nie (alles is relatief) … hoe kan die skip dus op koers
gehou word?
BIBLIOGRAFIE
BATTISTA, Pierluigi. Lettera a un amico antisionista.
BENSON, Ophelia & Jeremy Stangroom. Why Truth Matters.
BESANÇON, Alain. Century Of Horrors.
Burchill, Julie. The Thrill Of The Killer in The Guardian, 5 April 2003.
http://www.guardian.co.uk/lifeandstyle/2003/apr/05/weekend.julieburchill
10
CONQUEST, Robert. Dragons of Expectation.
DALRYMPLE, Theodor. Our Culture: What’s Left Of It.
DELSOL, Chantal. Icarus Fallen.
DELSOL, Chantal. Unjust Justice, Against the Tyranny of International Law.
DELSOL, Chantal. Unlearned Lessons Of The Twentieth Century.
FALLACI, Oriana. The Force Of Reason.
FALLACI, Oriana. The Rage And The Pride.
GERSTENFELD, Manfred. Behind The Humanitarian Mask.
GLAZOV, Jamie. United in Hate: The Left's Romance with Tyranny and Terror
GOLDBERG, Jonah. Liberal Fascism.
HICKS, Stephen R C. Explaining Postmodernism.
HITCHENS, Christopher. Regime Change.
HIMMELFARB, Getrude. On Looking Into The Abyss.
HOFFER, Eric. The True Believer.
HOLLANDER, Paul. Understanding Anti-Americanism.
KIMBALL, Roger. Experiments Against Reality.
MAMET, David. The Secret Knowledge.
NIRENSTEIN, Fiamma. Israele siamo noi.
NOZICK, Robert. Anarchy, State and Utopia.
PHILLIPS, Melanie. World Turned Upside Down.
POLANYI, Michael. Science, Faith & Society.
REVEL, Jean-François. Anti-Americanism.
SANTY, Pat. The Children of Postmodern Nihilism.
http://drsanity.blogspot.com/2007/09/children-of-postmodern-nihilism-and.html
SOLWAY, David. The Big Lie: On Terror, Antisemitism, and Identity
SOWELL, Thomas. The Vision Of The Anointed.
TAYLOR, Eldon. Mind Programming.
WALKER, Bruce. Sinisterism: Secular Religion Of The Lie.
WARRAQ, Ibn. Defending the West.
11
12

More Related Content

More from PieterUys7

Mixed languages
Mixed languagesMixed languages
Mixed languagesPieterUys7
 
Kaskenades van die Agtermekaarkêrels
Kaskenades  van die  Agtermekaarkêrels Kaskenades  van die  Agtermekaarkêrels
Kaskenades van die Agtermekaarkêrels PieterUys7
 
Ural-Altaic et Oeral-Altaies
Ural-Altaic et Oeral-AltaiesUral-Altaic et Oeral-Altaies
Ural-Altaic et Oeral-AltaiesPieterUys7
 
Prototale van Afrika en Eurasie
Prototale van Afrika en EurasiePrototale van Afrika en Eurasie
Prototale van Afrika en EurasiePieterUys7
 
Die Engelse Taal
Die Engelse TaalDie Engelse Taal
Die Engelse TaalPieterUys7
 
Eurasiatic and Dene-Sino-Caucasian
Eurasiatic and Dene-Sino-CaucasianEurasiatic and Dene-Sino-Caucasian
Eurasiatic and Dene-Sino-CaucasianPieterUys7
 
The Pretorian Underground
The Pretorian UndergroundThe Pretorian Underground
The Pretorian UndergroundPieterUys7
 
Hond en kat in die oertaal
Hond en kat in die oertaalHond en kat in die oertaal
Hond en kat in die oertaalPieterUys7
 
Geronde voorvokale
Geronde voorvokaleGeronde voorvokale
Geronde voorvokalePieterUys7
 
Oorsprong en ontwikkeling van die Proto-Indo-Europese taalfamilie
Oorsprong en ontwikkeling van die Proto-Indo-Europese taalfamilieOorsprong en ontwikkeling van die Proto-Indo-Europese taalfamilie
Oorsprong en ontwikkeling van die Proto-Indo-Europese taalfamiliePieterUys7
 
Ek, jy en ons in die steentydperk
Ek, jy en ons in die steentydperkEk, jy en ons in die steentydperk
Ek, jy en ons in die steentydperkPieterUys7
 
Bories en Betekenis (Borean and semantics)
Bories en Betekenis (Borean and semantics)Bories en Betekenis (Borean and semantics)
Bories en Betekenis (Borean and semantics)PieterUys7
 
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse tale
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse taleThiudiskaz: Teutoniese of Germaanse tale
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse talePieterUys7
 
Khoisan as taalfamilie
Khoisan as taalfamilieKhoisan as taalfamilie
Khoisan as taalfamiliePieterUys7
 
Amerindies: Tale van die Amerikas
Amerindies: Tale van die AmerikasAmerindies: Tale van die Amerikas
Amerindies: Tale van die AmerikasPieterUys7
 
Makro Khoisan
Makro Khoisan Makro Khoisan
Makro Khoisan PieterUys7
 
Germaanse oorsprong
Germaanse oorsprong Germaanse oorsprong
Germaanse oorsprong PieterUys7
 
Kleiner Germaanse Tale
Kleiner Germaanse TaleKleiner Germaanse Tale
Kleiner Germaanse TalePieterUys7
 
Urartu, Urmia, Aratta, Armenia
Urartu, Urmia, Aratta, ArmeniaUrartu, Urmia, Aratta, Armenia
Urartu, Urmia, Aratta, ArmeniaPieterUys7
 

More from PieterUys7 (20)

Mixed languages
Mixed languagesMixed languages
Mixed languages
 
Kaskenades van die Agtermekaarkêrels
Kaskenades  van die  Agtermekaarkêrels Kaskenades  van die  Agtermekaarkêrels
Kaskenades van die Agtermekaarkêrels
 
Ural-Altaic et Oeral-Altaies
Ural-Altaic et Oeral-AltaiesUral-Altaic et Oeral-Altaies
Ural-Altaic et Oeral-Altaies
 
Prototale van Afrika en Eurasie
Prototale van Afrika en EurasiePrototale van Afrika en Eurasie
Prototale van Afrika en Eurasie
 
Die Engelse Taal
Die Engelse TaalDie Engelse Taal
Die Engelse Taal
 
Eurasiatic and Dene-Sino-Caucasian
Eurasiatic and Dene-Sino-CaucasianEurasiatic and Dene-Sino-Caucasian
Eurasiatic and Dene-Sino-Caucasian
 
Eurasiaties
Eurasiaties Eurasiaties
Eurasiaties
 
The Pretorian Underground
The Pretorian UndergroundThe Pretorian Underground
The Pretorian Underground
 
Hond en kat in die oertaal
Hond en kat in die oertaalHond en kat in die oertaal
Hond en kat in die oertaal
 
Geronde voorvokale
Geronde voorvokaleGeronde voorvokale
Geronde voorvokale
 
Oorsprong en ontwikkeling van die Proto-Indo-Europese taalfamilie
Oorsprong en ontwikkeling van die Proto-Indo-Europese taalfamilieOorsprong en ontwikkeling van die Proto-Indo-Europese taalfamilie
Oorsprong en ontwikkeling van die Proto-Indo-Europese taalfamilie
 
Ek, jy en ons in die steentydperk
Ek, jy en ons in die steentydperkEk, jy en ons in die steentydperk
Ek, jy en ons in die steentydperk
 
Bories en Betekenis (Borean and semantics)
Bories en Betekenis (Borean and semantics)Bories en Betekenis (Borean and semantics)
Bories en Betekenis (Borean and semantics)
 
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse tale
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse taleThiudiskaz: Teutoniese of Germaanse tale
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse tale
 
Khoisan as taalfamilie
Khoisan as taalfamilieKhoisan as taalfamilie
Khoisan as taalfamilie
 
Amerindies: Tale van die Amerikas
Amerindies: Tale van die AmerikasAmerindies: Tale van die Amerikas
Amerindies: Tale van die Amerikas
 
Makro Khoisan
Makro Khoisan Makro Khoisan
Makro Khoisan
 
Germaanse oorsprong
Germaanse oorsprong Germaanse oorsprong
Germaanse oorsprong
 
Kleiner Germaanse Tale
Kleiner Germaanse TaleKleiner Germaanse Tale
Kleiner Germaanse Tale
 
Urartu, Urmia, Aratta, Armenia
Urartu, Urmia, Aratta, ArmeniaUrartu, Urmia, Aratta, Armenia
Urartu, Urmia, Aratta, Armenia
 

Oplaas word-jy-verplig-om-die-vullis-uit-te-smyt

  • 1. Oplaas word jy verplig om die vullis uit te smyt. Deur Pieter Uys “Don't be tempted by the shiny apple Don't you eat of the bitter fruit Hunger only for a taste of justice Hunger only for a world of truth 'Cause all that you have is your soul” ~ Tracy Chapman. Slegte idees is soos ‘n stank wat mens tot ‘n mate met reukweerders, wierook of parfuuum kan verhul, maar oplaas word jy verplig om die vullis uit te smyt. Natuurlik kan mense op ‘n manier met die stank saamleef maar die enigste rede waarom hulle oorleef wanneer hulle optrede deur destruktiewe idees aangedryf word, is omdat die idees nooit konsekwent toegepas word nie. Indien wel sou die giftige walms hul oorweldig. 1
  • 2. Let asseblief daarop dat die PoMo Lib-Linkse kwasi-filosofie nie die enigste skadelike denkrigting van ons tyd is nie, maar die oorheersende een wat tans die kultuur domineer. Die teenoorgestelde, Kompulsiewe Puritanisme, is ewe toksies maar het net ‘n klein aantal gemoedere in sy greep. Met Postmoderne Links-Liberale word bedoel die stedelike westerling wie se lewensbeskouing bewustelik of onbewustelik deur media soos The New York Times, Washington Post, Huffington Post, BBC, The Guardian, The Independent en plaaslik die Mail & Guardian, Beeld & Rapport geslyp word. In hierdie essay val die klem op die Suid-Afrikaanse slagoffer daarvan, te wete die “Sinistrus Liberalus Postmodernus Sudafricanus.” Twee subspesies, die Christen Lib-linkse en die Natuuraanbidder (Groene), word in toekomstige essays ondersoek. 2
  • 3. Daar is vanselfsprekend grade van indoktrinering wat beteken dat ‘n individu net sekere van die ondervermelde doktrines aanhang of ‘n mate van gesonde skeptisisme oor sommige daarvan koester, terwyl s/hy ander weer heelhuids insluk. Die sogenaamde “meningsvormers” in die media, plus ‘n groot % akademici in die geesteswetenskappe, werknemers van die oorgrote meerderheid NGO’s & transnasionale organisasies en Hollywood- vermaaklikheidsterre hang aspekte van hierdie ideologie aan. Waarom “Postmodern(isties)e?” Met die val van die Berlynmuur is Linkses voor ‘n keuse gestel: Aanvaar die realiteit dat jul kollektivistiese ideologie klaaglik misluk het of behou dit as ‘n godsdiens/geloofstelsel. Hulle het die tweede opsie gekies. Die ineenstorting van die Oosblok het boonop bygedra dat hierdie aangepaste, inkoherente vorm van die ideologie met sy hidra- koppe nuwe lidmate kon werf want nou kon mense op grond van enkel-sake “bekeer” word. Die intellektuele landskap van hierdie geloof/ideologie roep modderpoeletjies ná die reën op waar muskiete lustig gemeenskap het en aanteel. Al die veld is vrolik … OORSPRONG EN ETIOLOGIE VAN DIE SIEKTE Utopianisme, met ander woorde daardie oer-mite van ‘n prehistoriese paradys wat deur ‘n “sondeval” bederf is, wat deur opoffering (gewoonlik menslike offerande) herstel kan word en sodoende ‘n aardse utopie tot stand sal bring, lê al die volgende ten grondslag. Dié waansin reik tot diep binne die kollektiewe psige. Natuurlik begín dit nooit so nie. Die oorsprong van die sindroom spruit uit die edele impuls om ‘n beter bestel te skep wat gebaseer is op die beginsels van regverdigheid, 3
  • 4. gelykheid en wedersydse begrip. Dis te hope dat die meeste van ons hierdie aspirasies deel. Wat eintlik ‘n edele impuls in die gemoed is, word versteur deur ongeduld en goedgelowige idealisme wat gepaard gaan met wyd-ogige skynheiligheid. Veel meer as blote huigelary of klassieke projeksie speel egter hier ‘n rol. Die teelaarde is in meeste gevalle blote onkunde en in ander weer ‘n stel gebreke in houding en karakter, te wete die kinderagtige geloof dat die wêreld in sy geheel vervolmaak kan word, die gepaardgaande oortuiging dat voordelige verandering slegs deur drastiese — dikwels gewelddadige maar altyd radikale omverwerping — meegebring kan word en die aanname dat hulle, die Linkses, nie net altyd aan die kant van die engele is nie maar ook totaal en al onfeilbaar is. 4
  • 5. Natuurlik vind die proses onbewustelik plaas. ‘n Selfvoldane vroomheid wat uit absolute oortuiging spruit, verdring die realiteit. Aangesien hulle oor die algemeen nie in staat is tot introspeksie of bewus is van die kwaadaardige verloop van hierdie psigiese infeksie nie, is Linkses salig onbewus van die morele inversie wat hulle pleeg. Daarbenewens kan utopiese idees erotiese eienskappe aanneem soos wat onder andere Christopher Hitchens en Julie Burchill so treffend beskryf (sien bibliografie). PROMINENTE SIMPTOME / MEME / GEMOEDSPARASIETE (a) Demonisering van die VSA (Anti-Amerikanisme) en gepaardgaande haatspraak teen die bedreigende “ouerfigure” soos Ronald Reagan, Margaret Thatcher, George W Bush, Sarah Palin, Michelle Bachman en wie ook al die volgende Republikeinse presidensië kandidaat in die VSA gaan wees. Jean-François Revel se ontleding hiervan word sterk aanbeveel (sien bibliografie). 5
  • 6. (b) Pasifisme waarvan die intensiteit direk toeneem ooreenkomstig die geveinsheid daarvan. Die bevryding van Irak in 2003 — die staat is nou die enigste funksionele Arabiese demokrasie — teenoor blinde ontkenning van die wreedhede van diktators soos Saddam. Hierdie “pasifisme” word in ‘n skril of kinderlike tonaliteit van morele verontwaardiging geartikuleer en is uiters selektief. Met ander woorde, die aksies van die VSA, die Weste en Israel word skerp veroordeel maar volksmoorde, soos onder andere dié van Rusland in Chechnya en van Soedan in Darfoer word ontken/ignoreer. Waar dit die Brussels Eurokrasie aangaan, is anti-Amerikaanse pasifisme duidelik ‘n vorm van Mags-Afguns (Power Envy). Dis verwant aan “penis envy” — Chantal Delsol omskryf die fenomeen met empatie in haar boek The Unlearned Lessons of the Twentieth Century. (c) Idealisering – amper aanbidding – van die Skandinawiese lande. Die meem van die “lang, blonde mense wat almal gelyk is, niemand te ryk of te arm…” verteenwoordig ‘n diepgewortelde erotiese impuls. Hier kan die Ariese/Nazi-wortels van die ideologie duidelik waargeneem word. Vir meer inligting oor die fascistiese agtergrond van Skandinawiese sosialisme, sien gerus Manfred Gerstenfeld se boek (in die bibliografie). 6
  • 7. (d) Idealisering van transnasionale organisasies soos die Verenigde Nasies en die Internasionale Kriminele Hof. Die leser word verwys na Chantal Delsol se insiggewende werk, Unjust Justice, Against the Tyranny of International Law. (e) Idealisering van Europa waarin die kontinent se gebreke en bloedige geskiedenis oor die hoof gesien word. Wanneer die Lib-linkse die VSA ongunstig met Europa vergelyk, wemel dit van die valse analogieë terwyl die onkunde dik loop soos Illovo se goue stroop. (Nota: In die geval van Afrikaanssprekendes is dit tot ‘n mate verstaanbaar & vergeefbaar in die lig van die geskiedenis van Britse Imperialisme). (f) Baie sekulêre en “groen” Lib-linkses het ‘n afkeer in tradisionele godsdiens (in baie gevalle ook verstaanbaar/verskoonbaar) en vergelyk dit valslik met Islamitiese terrorisme (geensins op enige vlak verskoonbaar nie). Die Christen of Joodse Lib-linkse koester gewoonlik ‘n sterk bewondering vir Islam en is uiters begaan oor “Islamofobie” maar ontken of ignoreer die onderdrukking van religieuse minderhede in Iande waar Islam domineer. (g) Slagoffer-fetisjering volgens ras, kultuur en geslag. Die wit man is altyd die vark in die verhaal. 7
  • 8. FILOSOFIESE STROMINGE WAT DIE BOGENOEMDE SIMPTOME VOED MORELE RELATIVISME ontken die onderskeid tussen Goed & Kwaad en Reg & Verkeerd. Alle kulture en gemeenskappe en hul gebruike is hiervolgens moreel gelyk. Aanvanklik. Dit neem nie lank nie voordat hierdie siening paradoksaal beweer “alle kulture is gelyk, behalwe die Westerse wat slegter as die res is”, waardeur dit sy eie interne logika ondermyn. Self-haat en slagoffer-fetisjering lê ten gronde daaraan. Die volgende stap is om die VSA en Israel uit te sonder as die wêreld se sondebokke. Postmodernistiese academici is nie gepla deur die teenstrydighede en inkonsekwenthede in hul narratiewe nie. Dis asof hulle toegee dat hoewel die onderliggende gedagtegang na Utopia ‘n dwaalspoor is, die edele intensie daarvan hul geloof regverdig. • Anti-Amerikanisme • Anti-Sionisme • Hesperofobie (haat vir die Weste) • Haat vir individuele vryheid: Ekonomies (kapitalisme), Spraak (sien Politieke Korrektheid hier onder) • Haat vir die Oppergesag van die Reg MULTIKULTURALISME onder sy gewilde term “diversiteit” is een van die mees suksesvolle postmodernistiese konsepte wat op alle terreine van die lewe sy merk laat. Multikulturalisme word simplisties voorgestel as ‘n pleidooi vir verdraagsaamheid teenoor ander kulture, godsdienste, rasse en gelyke geleenthede. Maar onder hierdie bedrieglike beeld skuil ‘n toksiese idee: Die individu is van geen belang nie – net groepe tel. Multikulturalisme is dus ekstreem etnosentries. Kriteria soos regverdig en onregverdig, misdadiger en barbaar, word aan die absolute kriterion van eerbied vir diversiteit onderwerp. Verdraagsaamheid teenoor ander mense verander in onverskilligheid jeens die lyding van ander. Die genitale mutilering van 8
  • 9. dogtertjies in Europa se immigrante enklaves is aan multikulturalisme te wyte. • Ontkenning van individualiteit • Haat vir tradisionele westerse godsdiens (Christendom & Judaïsme) • Haat vir die Oppergesag van die Reg • Idealisering van die primitiewe (Edele Barbaar) • Viktimologie: die oppergesag van die slagoffer, wat lei tot die • Aanvaarding & goedpraat van barbaarse nie-westerse praktyke POLITIEKE KORREKTHEID verteenwoordig die absolutistiese sy van Postmodernisme. Sensorskap deur middel van spraakkodes is daarop gemik om openbare debat aan bande te lê. “Oortreders” word gestraf met histeriese beskuldigings van “rassis!”, “fascis!” ensovoorts. Die eintlike doelwit is gedagtebeheer maar dis makliker gesê as gedaan. Leuens, distorsie, ad hominem aanvalle en sosiale verwerping tel onder die strategieë wat teen onafhanklike denkers ingespan word. • Demonisering • Projeksie • Selektiewe moraliteit Rousseau en Hegel se 20ste eeuse intellektuele erfgename Marx, Lenin, Mussolini, Hitler, Stalin, Mao & Pol Pot het die vorige eeu die bloedigste in die geskiedenis gemaak deur die menslike offerandes wat hul Sekulêre Verlossings Ideologieë (SVI’s) vereis het. Vreemd genoeg het SVI’s die patroon van die Christen Mitos weerspieël, te wete: die mens het in sonde verval en die enigste uitweg is blinde geloof in die SVI en massiewe menseslagtings ten einde die mitiese Utopie te herstel. Dit lyk asof die 21ste eeu nogmaals op ‘n ramp afstuur. Die Lib-linkse propaganda waaraan die gemeenskap voortdurend onderwerp word deur die media, die kunste, skole en universiteite slyp gemoedere wat deur emosie, fantasie, nihilisme, ontkenning en projeksie oorheers word. Kinders wat op 9
  • 10. postmodernistiese melk grootgemaak word, vrees die werklikheid en vermy die strewe na waarheid. Die gevolg is toenemende vervreemding van die individu en westerse samelewings wat ontrafel. Hier is ‘n voorstelling van die Pomo Lib-linkse psige: ‘n Skip sonder stuurman. Onder in die enjinkamer bruis die emosies en die impulse maar bo neem niemand beheer oor die tipe brandstof wat in die enjin ingaan nie … of die rigting waarin die vaartuig beweeg nie. Reg & verkeerd bestaan mos nie (alles is relatief) … hoe kan die skip dus op koers gehou word? BIBLIOGRAFIE BATTISTA, Pierluigi. Lettera a un amico antisionista. BENSON, Ophelia & Jeremy Stangroom. Why Truth Matters. BESANÇON, Alain. Century Of Horrors. Burchill, Julie. The Thrill Of The Killer in The Guardian, 5 April 2003. http://www.guardian.co.uk/lifeandstyle/2003/apr/05/weekend.julieburchill 10
  • 11. CONQUEST, Robert. Dragons of Expectation. DALRYMPLE, Theodor. Our Culture: What’s Left Of It. DELSOL, Chantal. Icarus Fallen. DELSOL, Chantal. Unjust Justice, Against the Tyranny of International Law. DELSOL, Chantal. Unlearned Lessons Of The Twentieth Century. FALLACI, Oriana. The Force Of Reason. FALLACI, Oriana. The Rage And The Pride. GERSTENFELD, Manfred. Behind The Humanitarian Mask. GLAZOV, Jamie. United in Hate: The Left's Romance with Tyranny and Terror GOLDBERG, Jonah. Liberal Fascism. HICKS, Stephen R C. Explaining Postmodernism. HITCHENS, Christopher. Regime Change. HIMMELFARB, Getrude. On Looking Into The Abyss. HOFFER, Eric. The True Believer. HOLLANDER, Paul. Understanding Anti-Americanism. KIMBALL, Roger. Experiments Against Reality. MAMET, David. The Secret Knowledge. NIRENSTEIN, Fiamma. Israele siamo noi. NOZICK, Robert. Anarchy, State and Utopia. PHILLIPS, Melanie. World Turned Upside Down. POLANYI, Michael. Science, Faith & Society. REVEL, Jean-François. Anti-Americanism. SANTY, Pat. The Children of Postmodern Nihilism. http://drsanity.blogspot.com/2007/09/children-of-postmodern-nihilism-and.html SOLWAY, David. The Big Lie: On Terror, Antisemitism, and Identity SOWELL, Thomas. The Vision Of The Anointed. TAYLOR, Eldon. Mind Programming. WALKER, Bruce. Sinisterism: Secular Religion Of The Lie. WARRAQ, Ibn. Defending the West. 11
  • 12. 12