2. 1
Makro-Khoisan
‘n Vergelykende studie
van die klieks, klinkers,
geslags-/naamwoordklasse en ander eienskappe van
Khoe (Sentrale Khoisan), Kx’a (voorheen Ju-ǂHoan of Zhu
of Noordelike Khoisan), Tuu (voorheen Taa-!Wi of Suidelike Khoisan),
Sandawe en Hadza.
4. 3
Khoisan is 'n taalfamilie van Suidelike Afrika met buiteposte en 'n voetspoor in Oos-Afrika.
Khoisantale word in Angola, Botswana, Namibië, Suid-Afrika, Zambië, Zimbabwe en Tanzanië
gepraat, en tot 'n generasie of twee gelede nog in Kenya. Die term Makro-Khoisan word gebruik
wanneer Hadza en Sandawe ingesluit word, om vyf takke te vorm:
I Khoe (voorheen Sentrale Khoisan)
Khoekhoegowab is die taal van die Nama, Damara, Topnaars, ǂĀkhoe en Haiǁom met altesaam sowat
260,000 sprekers. Die Damara, Dama of Damakwa woon hoofsaaklik in die Erongo-streek in die
noordweste van Namibië, sowel as in Windhoek. Die Nama of Namakwa woon onder meer in sentrale
Namibië en in Windhoek, en die distrikte van Keetmanshoop en Sesfontein. Die ǂĀkhoe en Haiǁom woon
in die noorde van die land, en die Topnaars op die oewers van die Kuisebrivier in Erongo.
5. 4
Ongeveer 8,000 Khwe-sprekers woon in die Okavango-delta van Botswana, suidoostelike Angola en in die
Caprivi-strook en Zambië. Tsʼixa het sowat 200 sprekers op die dorpie Mababe.
Naro is ‘n Khoe-taal met 10,000 sprekers in die Ghanzidistrik van Botswana. Shua of Shwakhwe is ‘n Khoe-
taal in die omgewing van Nata en in die Chobe-distrik in die noorde van die land met sowat 6,000 sprekers.
Tsoa of Tjwao, wat ook as Kua en Hiechware bekend staan, is ‘n dialekbundel met nagenoeg 2,000 sprekers
wat deesdae hoofaaklik in Namibië en Botswana gepraat word, met kleiner groepe sprekers in Suid-Afrika
en Angola. Onder dié tale is Haiǁom en Griekwa (Xiri).
Kxoe, ǁAni, en Naro word in die Ghanzi- en Noordwesdistrikte van Botswana gepraat. | Gui en ǁ Gana kom
in die weste voor, terwyl Buga en ǁAni tale van die Okavangodelta is. Khoekhoegowab wat ook Damara of
Nama genoem word, is ‘n amptelike taal van Namibië, met ongeveer 230,000 moedertaalsprekers.
II Kx’a (voorheen Ju-ǂhoan, Zhu of
Noordelike Khoisan)
Ongeveer 15,000 sprekers van Kx’a-tale woon
hoofsaaklik in die noordooste van Namibië,
suide van Angola en die noordweste van
Ngamiland in Botswana. Name van die dialekte
sluit in !Xũ, Ju|’hoã, Ju/Wasi en ǂKx'au ǁ 'eĩ. In
die suidooste van Botswana woon sowat 200
ǂHoan-sprekers in die dorpies Dutlwe, Kanye,
Takatokwane, Tswaanepan en Lokaakwepan.
ǃKung (ook ǃXun of Ju) is ‘n dialektegroep. Let
wel: Die ou naam van die taalfamilie, wat nou deur Kx’a vervang is, was Ju-ǂHoan. Die spelling Juʼhoan
verwys na die suidelike dialek van !Kung / ǃXun deur die sprekers wat hulleself Juǀʼhoansi noem.
III Tuu (voorheen Taa-!Wi of Suidelike Khoisan)
Die Tuu-familie van die Kalahari, Botswana en die Noord-Kaap het sowat 5,000 sprekers en bestaan uit
ǃXóõ en Laer Nossob ǃKwi (ǃUi). !Xóõ, ‘n Tuu-dialekgroep, word in die Kalahari- en Ghanzidistrikte van
Botswana en in die suid-sentrale deel van Namibië gepraat. ǃKwi-tale was op hul dag wyd verspreid oor
Suid-Afrika, to so ver oos as Chrissiesmeer in Mpumalanga en die Drakensberge. Die bekendste taal, ǀXam,
is die bron van Suid-Afrika se leuse, ǃke eː ǀxarra ǁke op die landswapen. Die ǃKwi (ǃUi)-tak het nog net een
taal, N|uu by Upington, met sowat 3 sprekers.
6. 5
Khoisan in Suidelike Afrika
Khoe is by verre die talrykste tak van al die Khoisantale. Dit word in Namibië, Noord-Kaap, en Botswana
gepraat, en sluit Nama, Shua, Tsoa, Naro en Kxoe in. Dit word ook as die oudste van die drie groepe (Kx’a,
Tuu en Khoe) beskou.
Die Kalaharikom word as ‘n Sprachbundgebied beskou, ‘n area waar verskillende taalfamilies ontmoet en
mekaar deur kontak en interaksie beïnvloed. Veranderinge vind dan op fonologiese, morfologiese en
leksikale vlak plaas. Daar is waargeneem dat hoe verder die Khoe-tale die Kalaharikom inbeweeg, hoe
meer eienskappe van die Kx’a en Tuu-tale hulle aanneem. Indien die sprekers van een taal ‘n ander begin
praat, vind taalverskuiwing plaas. Die nuwe sprekers dra egter sekere patrone van hulle ou moedertaal in
hulle nuwe taal in, wat dit aanpas en verander.
7. 6
IV Sandawe
In die Dodoma-streek in die hart van Tanzanië
word Sandawe in die Chemba- en
Kondoadistrikte deur sowat 70,000 mense
gepraat. Hulle bewoon die woudland van die
Sandawe- en Songa-granietheuwels waar
fonteine en waterputte volop is, en die
grasvlakte tussen-in. Die lope van die
seisoenale Bubu- en Mponderiviere wat in die
Sulungameer uitmond, bied water selfs in die
droë seisoen. Benewens jag en versamel,
beoefen die Sandawe landbou en veeteelt. Aan die weste en noordweste woon die Turu, en aan die suide
die Gogo, beide groepe met Ntutale, en in die vlaktes woon Baraguyu Masai (Niloties).
V Hadza
Hadza (mens, meervoud Hadzabe) word deur sowat 1,000 jagter-versamelaars langs die oostelike oewer
van die Eyasimeer in Tanzanië gepraat, vanaf Berg Oldeani in die noorde tot by die Isanzuplase in die suide.
Die taal word Hadzane genoem en Kitindiga in Swahili; ander benaminge is Kangeyu en Vahi. Die streek lê
suid van Serengeti Nasionale Park en suidwes van die Ngorongorokrater in die Eyasi-Wembere-tak van die
Groot Rifvallei. Rondom woon Swahili-, Isanzu- en Sukuma-sprekers (Ntu), Kusitiese Iraqw in die Mbulu-
heuwels, en Nilotiese Datoga en Masai.
Dahalo
‘n Kusitiese taal in Kenya van ‘n groep wat onder andere as Sanye bekend staan, wat voorheen ‘n
Khoisantaal gepraat het, te oordeel aan die woorde met ‘n kliekkonsonant. Dié taal was waarskynlik aan
Sandawe verwant.
8. 7
Klieks
Die vyf klieks in die Khoisantale gaan gepaard met verskeie begeleidings soos glottaal, nasaal,
aspirasie, stem, friksie en meer. Dié reeks begeleidings word ook “vrystellings” of “sekondêre
artikulerings” genoem, en word voor en saam met, of net na die kliek uitgespreek. Elkeen verleen
sy eie timbre aan die uitspraak.
Dis hier waar die verwarring intree wanneer ‘n foneemgetal aan byvoorbeeld !Xóõ toegeskryf
word, want sommige taalmense beskou elke variant as ‘n afsonderlike foneem, terwyl ander die
plek van artikulasie as primêr beskou, en dus die kliek en al sy begeleidings as een foneem tel.
Een teorie oor die ontstaan van klieks word demonstreer aan die hand van die Sandawe-woord vir
‘horing’, /tlana/ wat dalk ‘n kognaat van die stam /nǁâ/ in die Khoe-tak is. Sulke woorde suggereer
dat klieks uit konsonantstapelings mag ontstaan wanneer die eerste klinker van ‘n woord verloor
word: /tlana/ word /*tlna/ word /ǁna/ wat deur metatese /nǁa/ word.
Kliektipes: Dentaal/ǀ/, lateraal/ǁ/, labiaal /ʘ/,
alveolêr /ǃ/, palataal /ǂ/ en retrofleks /!!/.
Die Khoisantale gebruik hoofsaaklik vier /ǀ ǁ ǃ
ǂ/.
Hadza en Sandawe gebruik drie /ǀ ǁ ǃ/.
Die Ntutale Xhosa en Zulu gebruik drie /ǀ ǁ ǃ/.
Yeyi in Botswana en Namibië is die enigste
Ntutaal met vier /ǀ ǁ ǃ ǂ/.
Dahalo, ‘n Kusitiese taal in Kenya, gebruik die
dentale kliek /ǀ/.
Kx’a en Khoi het vier basiese klieks. Dis net in Tuu waar vyf klieks voorkom – die bilabiale kliek /ּס/
in !Xóõ /ּסôõ/ ‘droom’.
In al die tale gaan klieks gepaard met glottale, aspirasie-, stemdraende, nasale en ander
begeleidings wat die foneem-inventaris uiters kompleks maak. !Xóõ het meer kliekkombinasies as
Kx’a (Ju/’hoansi) en die Khoetale.
By Hadza en Sandawe verskyn klieks in die middel van woorde (soos in die Ntutale) maar by
Khoe, Kx’a en Tuu kom die kliek net in die aanvangsposisie voor. In Sandawe word die klieks
sagter uitgespreek as in die ander tale.
9. 8
Klinkers
Al die Khoisangroepe het dieselfde vyf-vokaal-stelsel wat op uiteenlopende wyses artikuleer kan
word, byvoorbeeld faringeaal, glottaal, nasaal, ruiserig en meer. Hier ook kom die vraag na vore of
elke variant as ‘n foneem getel kan word.
Ju/’hoansi (Kx’a) se vyf vokale kan lank of genasaleerd wees, en as diftonge vookom: [əi], [əu]
[ae] [ao], [oi] [oe] [oa] of as genasaleerde diftonge: [əĩ], [əũ], [uĩ], [ã?ã], [ẽ?ĩ], [ẽ?ũ], [õ?ã], [õ?õ].
Lang vokale en diftonge is tot Ju/’hoansi beperk.
Begeleiding speel ook ‘n rol by vokale in !Xóõ wat nasale, faringeale, glottale en ruiserige timbres
kan aanneem. Volgens die een metode hierbo, sou dit dan 44 fonemiese klinkers aan !Xóõ
toeskryf.
In die Khoe-groep kan vokale ook artikulasies aanneem maar die fenomeen is beperk in
vergelyking met Kx’a en Tuu.
Sandawe het kort orale /a/, lang orale /aː/ en lang nasale /ãː/-vokale. Kort nasale vokale kom
ongereeld voor.
By Hadza kom lang vokale voor wanneer intervokaliese [ɦ] uitgelaat word, bv
[kʰaɦa] of [kʰaː] 'kl(om te)' en as uitsondering elders, bv [boːko] 'sy' vs [boko] 'siek wees'. Alle
vokale word voor glottale nasale en stemdraende nasale klieks genasaleer.
10. 9
Geslag / Naamwoordklas
Khoe gebruik geslag (manlik, vroulik en onsydig) terwyl Tuu en Kx’a elk ‘n stelsel van vyf
naamwoordklasse het.
By Nama en Naro (Khoe) word PGG (persoon-geslag-getal)-suffikse gebruik. Die kategorieë van
persoon: (1ste, 2de en 3de persoon), getal (enkelvoud, dualis en meervoud), en geslag (manlik,
vroulik en onsydig) word in een suffiks gekombineer, bv kwe ‘persoon’, kwekhara ‘twee mense,
kwene ‘mense.
Die stelsel kan ook meer spesifiek wees
kweba ‘man’ kwesa ‘vrou kwe//kwa ‘mans’
kweši ‘vroue’ kwetšera ‘twee mans’ kwešera ‘twee vroue
!Xóõ se selfstandige naamwoorde behoort tot vyf klasse. Naamwoordklas-suffikse bepaal ‘n reeks
onderwerpsskakels in die sin, vir byvoeglike naamwoorde, werkwoorde, konjunktiewe, demonstratiewe en
voornaamwoorde. Die onderwerpskakel het dikwels ‘n alliteratiewe vorm, deurdat die fonologiese vorm
daarvan dié van die naamwoordsuffiks weerspieël.
Klas I is enkelvoude en Klas IV is meervoude maar nie alle enkel- en meervoude behoort tot dié klasse nie.
Die meeste leenwoorde se enkelvoud behoort tot Klas III en die meervoud tot Klas IV.
!Xóõ nwklas-suffiks onderwerpskakel
Klas 1 -li, -i -i
Klas 2 -ã, -ma, -n, -na -ã
Klas 3 -le, -e, -je, -be -e
Klas 4 -lu, -bu, -u -u
Klas 5 Geen -n
!Xóõ 3de persoon voornaamwoorde
Klas 1 ìh
Klas 2 ãh
Klas 3 èh
Klas 4 ùh
Klas 5 ń
!Xóõ 1ste en 2de persoon voornaamwoorde
n- ek, my
āh- jy, jou
≠náĩ, ≠nûm ons
ūh- julle
11. 10
Ju/'hoansi het ook vyf naamwoordklasse maar geen klasmerkers op naamwoorde nie, geen suffikse op
enkelvoud-naamwoorde nie en net by uitsondering op die meervoud. Daar is ook stamverandering vir
buitengewone meervoude.
Ju/'hoansi persoonlike voornaamwoorde
mi ek, my
a jy, jou
ha hy, hom, dit
e/e!a,m/m!a ons
ha/hi/ka hy hom sy haar dit
si/hi hulle
Ju/'hoansi naamwoordklasse
1. Ha (hy) sín (hulle), die mensklas.
2. Ha (enkelvoud), hi (meervoud), vir diere, voëls, visse, insekte.
3. Ha vir plante en alledaagse voorwerpe.
4. Hi vir verskeie.
5. Ká vir liggaamsdele.
Sandawe het manlik en vroulik, wat soms onderskeidelik deur /-é/ en /-sù /gemerk word.
Meervoud word deur /-khéé/ of /-khì/, en meervoud van mense deur /-sò/ gemerk.
Hadza het manlik en vroulik. Manlik enkelvoud word soms met /-te/ gemerk, en meervoud altyd
deur /-bii/. Vroulik enkelvoud neem /-ko/ en meervoud /-bee/.
12. 11
Eienskappe
Khoe
Khoekhoegowab (Nama) is ‘n verbuigende taal met 31 konsonante (20 kliek-artikulasies en 11 nie-klieks)
en vyf vokale (orale /i e a o u/ en nasale /ĩ ã ũ/). Die Khoe-tale het drie geslagte (manlik, vroulik en onsydig)
wat in die naamwoord gemerk word in die vorm van enkelvoud, dualis en meervoud. Die Nama-
woordstam /khoe/ verskyn dus as /khoes/ ‘vrou' /khoeb/‘man, en /khoei/ ‘persoon’.
Die meervoud in Naro word gevorm deur die suffikse -zi (ma /aiga/ ma’s /aigazi/), -gaxu (pa /abo/ pa’s
/abogaxu/), -an (persoon /khòè/ mense /khòèan/).
13. 12
Kx’a
Kx’a-tale is analities en isolerend. Die Ju-tale het vyf vokale wat genasaleer, geglottaliseer en gemompel
kan word; /a/ en /o/ kan ook ‘n kras en faringeale kwaliteit aanneem. Ju het 48 kliekkonsonante en
nagenoeg dieselfde getal nie-kliek-konsonante. Die woordstruktuur in die Ju-tale is eenvoudig, met die
minimum affikse. Selfstandige naamwoorde behoort aan vyf klasse, onder meer mense, diere en nie-
lewend.
Die meervoud in Ju/'hoansi word gevorm deur die suffikse -sì (vrou /dshàù/ vroue /dshàùsì/), sín (pa /bá/
pa’s /basín/) of -mhí (olifant /!xómà/ olifante /!xómhí/).
Tsodilo Heuwels
14. 13
Tuu
Die Tuu-tale soos !Xóõ het isolerende sowel as aglutinerende eienskappe, en gebruik suffikse en prefikse.
Selfstandige naamwoorde behoort tot vyf klasse, waarvan vier suffiksmerkers het. Byvoeglike
naamwoorde, oorganklike werkwoorde en derdepersoon-voornaamwoorde het ooreenstemmende
suffikse, byvoorbeeld: tâa té'e (‘hierdie persoon '); tùu tú'u (hierdie mense); |ûma tá'ã (hierdie luislang);
tàli tí'i (hierdie bloedklont); tháa tán'n (hierdie ding).
By !Xóõ word meervoude gevorm deur die suffiks -te (dag /qhàba/ dae /qhàbate/) -tu (pa /àa/ pa’s /
àatu/).
Xam: basiese voornaamwoorde
Xam emfatiese voornaamwoorde
“Springbok" deur die Taa-spreker
Stefanus Gainǂamseb
15. 14
Hadza
Hadza (ook Tindiga of Kaneju) het 54 konsonante, waaronder die klieks /|, ǁ, !/, en vyf vokale /i e a o u/
wat lank / kort kan wees en genasaleer kan word. Hadza het getal- en geslags-korrespondensie tussen
selfstandige en byvoeglike naamwoorde, en tussen voorwerpe en werkwoorde. Selfstandige naamwoorde
word vir getal en geslag (manlik /-te/ ~ /-bii) en vroulik /-ko/ ~ /-bee/) gemerk. Toon speel nie ‘n groot rol
in Hadza nie, maar is teenwoordig volgens Kirk Miller: “However, in some cases it is clearly distinctive: A
tonic habitual morpheme -hé may be elided, leaving a distinct high tone on a lengthened vowel.”*
*Miller, Kirk (2008). Hadza Grammar Notes.
16. 15
Sandawe
Sandawe het rondom 45 konsonante, waaronder die klieks /|, ǁ, !/, en vyf vokale /i e a o u/. Selfstandige
naamwoorde kan manlik of vroulik wees, sonder dat dit ‘n merker dra. Baie selfstandige naamwoorde in
die vroulik enkelvoud word met die suffiks /-sù/ gemerk, terwyl sommige manlike naamwoorde op /-é/
eindig. Die meervoud van woorde wat na mense verwys, is /-sò/. Sandawe gebruik vier of vyf toonvalle.
Sandawe se naaste verwant is die Khoe-tale soos Khoekhoegowab.
Vergelykende tabel van Khoisan voornaamwoorde
Sandawe Proto-Khoe–Kwadi Hadza
Ek tsi *ti (Kwadi tʃi) tsi
Jy ha- *sa sĩĩ (julle)
3 PN base he- xa (Kwadi ha-) he-
3ms suffix -w(e), -m (Khoe *-bV, *-mV) -à
3fs suffix su (Khoe *-sV) -sà
17. 16
Hoe meer Klieks, hoe meer Konsonante*
Tale met klieks is ryker aan nie-kliek-konsonante as tale sonder klieks. Dié met kliekfoneme het
oor die algemeen 21 meer nie-kliekkonsonante as klieklose tale.
Ntutale handhaaf dieselfde korrelasie tussen klieks en konsonante. Ntutale met klieks het
gemiddeld 25 meer konsonante as dié daarsonder. En Ntutale met meer klieks het meer
konsonante as dié met minder klieks.
Die vraag ontstaan dus of klieks die enigste konsonante was wat die Ntutale by Khoisan geleen
het. Is die rede vir die groter inventaris dalk dat hulle ook nie-kliek-konsonante by Khoisan geleen
het?
Dis ook merkwaardig dat die Ntutale geen genasaleerde vokale of diftongs by Khoisan geleen het
nie, maar alleenlik klieks. En dat die klieks nie tot die leenwoorde beperk gebly het nie, maar aktief
in die Ntu-woordeskat floreer.
*Daneyko, Thora 2019 & Bentz, Christian 2019. Click languages tend to have large consonant inventories:
Implications for language evolution and change In: Modern Human Origins and Dispersal. Kerns Verlag, Tübingen.
18. 17
Makro-Khoisan
Grammatiese geslag, ‘n eienskap van Hadza, Sandawe en Khoe, bestaan nie in die Ntutale van die Niger-
Kongo taalfamilie nie en is raar in Nilo-Saharies. Afro-Asiaties is die enigste taalfamilie in Afrika met
geslagsaanduiding, en Afro-Asiaties is die mees resente familie op die kontinent, en boonop beperk tot die
noorde en die noordooste.
Proto-Khoisan het oor dié eienskap beskik, wat steeds in Hadza, Sandawe en Khoe voorkom; die Kx’a- en
Tuu-groepe het dit verruil vir naamwoordklasse, waarskynlik onder invloed van die Ntutale. Vir mense wat
skape en beeste aanhou, is grammatiese geslag van belang by die teling; by jagter-versamelaars geniet dit
nie ‘n hoë prioriteit nie.
Die mi-foneem, die verwante labiaal /w/ of die nasale /m/, /n/ en /ŋ/ kom in die 1ste persoon by almal
voor: Proto-Kx’a *mV, Ju /mi/, Proto-Tuu *n of *ŋ, !Xóõ /n/, /ŋ/, Hadza /ona/.
19. 18
Die meeste Khoe-subgroepe onderskei ‘n eksklusiewe en inklusiewe 1ste persoon meervoud. Elke vorm
van die 1ste persoon dualis of meervoud bestaan uit drie morfeme: die volledige vorm van die stam, ‘n
vorm wat geslag/klas merk en een wat as die primêre pronominale basis dien. Twee hoof- pronominale
morfeme staan uit: *-m vir 1ste persoon dualis en *-e vir 1ste persoon meervoud.
Dit stem ooreen met Proto-Kx’a *m vir 1ste persoon inklusief en *e vir eksklusief. Dus moes die
dualis/meervoud-opposisie op ‘n stadium as inklusief/eksklusief hervertolk gewees het, of andersom.
Waarskynlik is *-m en *-e oorspronklik vir die grammatiese getal gebruik, terwyl *si- gebruik is om
inklusiviteit te merk.
Die ander stam vir ‘ek’ is *ti wat as /te, ta, ti, ts, tsi, mtsa, tʃ/ wat ‘n wye verspreiding het, bv die 1ste
persoon /ta-/element soos in Nama /mũta/ “ek sien” en Hadza /fwata/ “ek drink”. Sandawe 1ste persoon
/tsi/, Nama /ti/, !Ora ti-re, Nato /tija/, Sandawe /ci/.
Baie tale van die !Ui-subgroep van Tuu se /n-/ of /ŋ-/ het /m-/ as allomorf of /ma-/ wanneer die woord
met ‘n labiale konsonant begin. Die oorspronklike vorm was moontlik *ŋ wat in *m verander het in Proto-
Kx’a omdat *ŋ nie as aanvangsvorm elders verskyn nie, en maklik met ‘n labiaal assimileer. In Kx’a is daar
wel spore van 'n -n- of -ŋ- wat as 1ste persoonlike voornaamwoord funksioneer.
Proto-Khoe se *t- mag op dieselfde wyse met Sandawe *c [ts] korelleer. Dié *t-/*c-vorm is eksklusief aan
Khoisan, terwyl *m, *n en *ŋ natuurlik uiters algemeen in ander taalfamilies reg rondom die wêreld
gebruik word vir ‘ek’.
Die tweede persoon enkelvoud verskyn as /a/, /ha/, /e/ of /i/ regdeur die vyf paradigmas, en die derde
persoon enkelvoud /hV/ of /sV/ verskyn in die vorme /ha, he, hi, xa, sa/ of /hewe/ by al vyf. Die Sandawe-
suffiks /-we/ = Nama /-b/ en stem ooreen met Nharon /xaba/ en /xasa/.
20. 19
Die Hadza enkelvoud manlik /-wa/ = Sandawe /-we/ en Nama /-b/ soos hierbo, en Hadza 3de persoon
onafhanklike voornaamwoord is dieselfde /-ha/ as in Sandawe, en die onafhanklike /ha/ van Tuu en Kx’a en
Nharon /-xa/. Hadza /hawa/ = Sandawe /ha-we/ = 3de persoon besittingsuffiks = /-ma/ en Nharon /xaba/.
Sandawe /-si/ vir vroulik meervoud selfstandige naamwoord = Naron vroulik meervoud snw /-si/, Nama /-
ti/, Kx’a-tale /si/ en /Auni van die Tuu-tale /-si/, laasgenoemde sonder geslagskonnotasie. Sandawe manlik
meervoud snw /-ko/ = Nama manlik mv snw /-ku/ en !Xam mv snw /-gu/.
Hadza, wat ‘n m/b-wisseling toon, se derdepersoon besittingsuffiks is /-ma/; die manlik meervoud snw is /-
bi/, die vroulik meervoud snw is /-be/ en die werkwoordsuffikse is /-mi/ en /-me/, ‘n patroon wat met
Nharon ooreenstem.
Sandawe se resiprokale /-ki/ in die werkwoord = Nama /-ku/. Sandawe vorm bywoorde en byvoeglike
naamwoorde met ‘n /-se/ sufiks = Auen (Kx’a) /-si/ en Nama /-se/.
Hadza 3de persoon vroulik besitting is /-sa/ wat met Sandawe /-sa/ en Nharon vroulik snw-suffiks /-sa/
korelleer. Hadza se persoonlike vnw vroulik meervoud is /-ti/ = Nama persoonlike vnw vroulik meervoud /-
ti/ en Sandawe /-tsi/.
Korellasie verskyn ook by tydsaanduiding in die werkwoord. Die verlede tyd in Ju/’hoansi word deur /go/
aangedui wat met Naro (Khoe) /ko/ en !Xóõ (Tuu) /ko/ korelleer. Toekomstige tyd word deur /ka/
aangedui in beide Kx’a en Khoe.
21. 20
Makro-Khoisan is ‘n geldige phylum wat Hadza, Sandawe, Khoe, Kx’a en Tuu insluit. Benewens die vyf-
vokaal-stelsel, die klieks /|, ǁ, !/, die begeleidings vir klieks en vokale, en grammatiese geslag, is daar
kognate in die kernwoordeskat soos “persoon”: Hadza /akwiti/ “vrou”, /akwiako/ “dogter”, /akwibi/ “die
jeug”, Nama /khoi/ en !Xam /kwi/ en vir “broer”: Hadza /tsia/, Auen /tsĩ/, !Kung /siŋ/, en “huis”: Hadza
/ǁneam/, !Xam/ǁneiŋ, en “siel/gees”: Hadza /ntawe/, Sandawe /nati/, Nusan /nudu/, Masarwa /nutsa/.
Genetiese studies dui op ‘n nouer onderlinge verwantskap tussen die Hadzabe, Pigmeë en San, as tussen
die Sandawe en Hadzabe. Tog bestaan daar ‘n oer-oue genetiese verbintenis tussen al vyf die
Khoisangroepe, wat suggereer dat hulle wortels na ‘n enkele bevolking in die diep verlede terugstrek.
In genetiese verband kan mens ook wyer en ouer verwantskappe in ag neem. Op Madagaskar is daar ‘n
tradisie van, en spore van, voorgangers met ‘n kort statuur; jagter-versamelaars wat as die eerste mense
beskou word. Die BaTwa (pigmeë) van die Groot-Mere-streek word as die vroegste bewoners van Afrika
beskou, saam met die San van suidelike Afrika.
Egiptiese rekords uit die Ou Koninkryk verwys na die ‘dansers van die gode’ wat in die ‘Land van
die Geeste’ woon. Homerus (Illiad boek III) en Aristoteles (History of Animals) maak ook melding
van hulle.
22. 21
Onder die Malagasy is daar klein en verspreide groepies jagter-versamelaars wat as Vazimba of
Mikea of Beosi bekend staan. Hulle praat Malagasy, maar in die geval van laasgenoemde bestaan
daar ‘n substraat-leksikon wat onder meer Ntu-woorde insluit wat nie in standaard-Malagasy
voorkom nie. Die moontlikheid bestaan dus dat die Beosi ‘n oorblyfsel is van ‘n eiland-bevolking
wat daar was voordat die Austronesiese migrasie plaasgevind het.
Die BaTwa woon in ‘n breë strook van hoofsaaklik reënwoud, wat van Kameroen, Kongo Brazzaville
en Gabon deur Kongo Kinshasa tot in Rwanda en verder suid strek. In die weste woon die Mbenga,
Bayaka (Aka en Baka), Bakoya en Bongo, wat Niger-Kongo-tale praat (Kameroen, Gabon, Kongo-
Brazzaville, Sentraal-Afrikaanse Republiek); die Mbuti woon in Kongo-Kinshasa in die Ituri-woud,
en praat Ntu- en Sentraal-Soedaniese tale; rondom die Groot Mere en verder suid woon groepe
wat almal Ntutale praat.
Onder die Aka en Baka is daar substrate geïdentifiseer wat tot 30% van die leksikon uitmaak, en
wat hoofsaaklik botanies is of op die oes van heuning betrekking het. Genetiese studies impliseer ‘n oer-
oue oorsprong van tot 100,000 jaar gelede. Volgens die data van Lachance et al. (2012) het Khoisan-
sprekende bevolkings eerste ontstaan, gevolg deur Pigmeë. Volgens Tishkoff et al. het ‘n Proto-Khoisan
jagter-versamelaargroep sowat 30,000 jaar gelede in Oos-Afrika ontstaan. Studies plaas ook die oorsprong
van die Khoisan in die Horing van Afrika.
Aan die ander kant van die Indiese Oseaan woon daar ver-af verwante etniese groepe van die San
en die Twa wat as Negrito bekend staan. Die Negrito kom op die vasteland van Suidoos-Asië, op
die Oseaniese eilande, en op eilande in die Baai van Bengale voor. Daar word beraam dat hulle
tussen 60,000 en 30,000 jaar gelede die vasteland van Afrika moes verlaat het.
“Orang Asli” (“eerste mense”) is die Maleisiese term vir Negrito’s. Hulle sluit in die inheemse mense
van die Andaman Eilande, die Semang van die Maleisiese Skiereiland, Maniq van Thailand, en
verskeie groepe in die Filippyne, soos die Aeta. Taalkundig vorm die Andamans ‘n eenheid met
Nieu-Guinee en die eilande van Melanesië. Hierdie eerste inwoners van Suidoos-Asië word vanaf
sowat 5,000 jaar gelede deur inkomende Austronesiese groepe verplaas.
Soos die Pigmeë, praat die meeste groepe Negrito’s die Austro-Asiatiese of Austronesiese tale van
hulle bure. Die oorspronklike Andamanese wat in afsondering op Sentinel-eiland woon, vorm egter
deel van die Indo-Pasifiese taalfamilie wat op Nieu-Guinea, die eiland Timor en sy bure, in
Melanesië en voorheen op Tasmanië gepraat is.
Terug by Makro-Khoisan - Die bovermelde morfologiese spieëlbeelde – veral die persoonlike
voornaamwoorde – is onweerlegbare bewys van oorerwing, d.i. afkoms uit ‘n proto-taal. Statisties kan
sulke ooreenkomste nie toeval wees nie, en nog minder kan dit leenvorme wees.
‘n Moontlike scenario is dat die Hadzabe heel eerste die Oer-Khoisan-groep verlaat het. Lank daarna het
Proto-Khoisan verdeel toe die Proto-Khoi -sprekers na die suide beweeg het. In dié migrasieproses kon die
klein groepies jagter-versamelaars oor lang afstande afgesonder geraak het van die skaapherders.
23. 22
Hulle sou ook in kontak met sprekers van Ntu-tale gekom het, vanwaar die naamwoordklas-stelsel. Later
sou ‘n breë verdeling plaasvind, met die voorouers van die Kx’a wat in ‘n westelike rigting beweeg terwyl
die ander groep oor die land versprei, van die Drakensberge tot in die Kaap.
Intussen het die herders, in ‘n konstante soeke na weiding vir hulle vee, ook die Kaap bereik. Regdeur die
land moes daar voortdurende kontak oor millennia plaasgevind het, met wedersydse beïnvloeding en
gevalle van taalverskuiwing.
24. 23
Bibliografie
Daneyko, Thora 2019 & Bentz, Christian 2019. Click languages tend to have large consonant inventories:
Implications for language evolution and change In: Modern Human Origins and Dispersal. Kerns Verlag,
Tübingen.
Eaton, Helen. 2010. Sandawe Grammar. SIL International.
Gabanamotse-Mogara, Budzani. 2011. A Comparative Study of the Verb Structure in Northern, Central and
Southern Khoesan: The Case of Ju/’Hoansi, Naro And !Xóõ. University Of South Africa
Greenberg, Joseph H. (1966) The Languages of Africa (2nd ed. with additions and corrections).
Bloomington: Indiana University.
Güldemann, Tom. 2014. “Khoisan” linguistic classification today. In book: Beyond ‘Khoisan’: historical
relations in the Kalahari Basin (pp.1-41) Chapter: “Khoisan” linguistic classification today. Publisher:
Amsterdam: John Benjamins. Editors: Tom Güldemann, Anne-Maria Fehn.
Güldemann, Tom. 2005. Tuu as a language family in Africa. Papers on Africa. Institut für Afrikanistik.DOI:
10.1016/B0-08-044854-2/00176-0
Heine, Bernd & Derek Nurse (eds.), A linguistic geography of Africa (Cambridge Approaches to Language
Contact). Cambridge: Cambridge University Press, 2008. Pp. xviii+371.
Heine, Bernd, 2009. The Kx’a Family: A New Khoisan Genealogy. Henry Honken. Jour of Asian and Afr
Studies, No 79, 2010.
Indigenous “Khoisan” languages: an interview with Menán du Plessis. Menán van Heerden, Menán du
Plessis. 2018-02-15. www.litnet.co.za/indigenous-khoisan-languages-interview-menan-du-plessis/
Khan, Razib. 2011. The Sandawe: after the demographic flood. Gene Expression. Discover Magazine.
https://www.discovermagazine.com/health/the-sandawe-after-the-demographic-flood
Kerry Jones (2019) Contemporary Khoesan Languages of South Africa, Critical Arts, 33:4-5, 55-73, DOI:
10.1080/02560046.2019.1688849
The Khoisan languages. https://sites.google.com/site/thekhoisanlanguages/home
Lachance et al. (2012) Evolution of the Pygmy Phenotype: Evidence of Positive Selection from Genome-
wide Scans in African, Asian, and Melanesian Pygmies. December 2013Human Biology 85(1- 3):251-84.
DOI:10.3378/027.085.0313
Miller, Amanda L. The Sounds of Nǀuu: Place and Airstream Contrasts by Amanda L. Miller, Johanna
Brugman, Bonny Sands, Levi Namaseb, Mats Exter and Chris Collins. Working Papers of the Cornell
Phonetics Laboratory 2007, v.16, pp. 101-160
25. 24
Miller, Amanda (2011). "The Representation of Clicks". In van Oostendorp, M.; Ewen, C.; Hume, E.; Rice, K.
(eds.). The Blackwell Companion to Phonology. New York: Wiley-Blackwell
Miller, Kirk (2008). Hadza Grammar Notes. https://www.academia.edu/36533859/Hadza_grammar_notes
N|uu: South Africa’s oldest San language, with only 2 people on Earth who speak this ancient SA language.
Culture History, June 8, 2020. https://hadithi.africa/2020/06/08/
Pickrell, J., Patterson, N., Barbieri, C. et al. The genetic prehistory of southern Africa. Nat Commun 3, 1143
(2012). https://doi.org/10.1038/ncomms2140
Reid, Lawrence A. (2013) Who Are the Philippine Negritos? Evidence from Language, Human Biology: Vol.
85: Iss. 1, Article 15. Available at: http://digitalcommons.wayne.edu/humbiol/vol85/iss1/15
Ruhlen, Merrit. 1994. On the origin of languages: Studies in linguistic taxonomy. Stanford Universaity Press.
Sands, Bonny. 1995. Evaluating claims of disant language relationships: The case of Khoisan. Univ
California, Los Angeles
Shriner, Daniel. 2018. Genetic Ancestry of Hadza and Sandawe Peoples Reveals Ancient Population
Structure in Africa. Daniel Shriner, Fasil Tekola-Ayele, Adebowale Adeyemo, Charles N Rotimi Author
Genome Biology and Evolution, Volume 10, Issue 3, March 2018, Pages 875–882,
https://doi.org/10.1093/gbe/evy051
Uys, Pieter. Taal is ‘n lied uit die wieg van die mensdom
Uys, Pieter. Taal is ‘n lied uit die wieg van die mensdom II.
Uys, Pieter. Swaargewigtaal Nuu.
Verdu, Paul. African Pygmies. Current Biology 26, R1–R21, January 11, 2016.
Pieter Uys 2021